Franz Ferdinand en die 3de Wêreldoorlog - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)

Kan die geskiedenis van 102 jaar gelede hom dalk herhaal na die koelbloedige moord op die Russiese ambassadeur Andrey Karlov, in die Turkse hoofstad Ankara, op Maandag 19 Desember 2016? Die moordenaar, ’n 22-jarige polisiebeampte, is deur veiligheidsmagte doodgeskiet, waarna sy ouers, suster en nog twee onbekende mans in hegtenis geneem is.

Die ambassadeur, Andrey Karlov, het pas begin met sy toespraak op ’n fototentoonstelling in die Turkse hoofstad Ankara toe hy geskiet is. Op sosiale media is daar reeds gerugte dat die CIA hierby betrokke was, en sou dit die geval wees sal Poetin móét optree — en dis presies wat Obama wil hê— hy sal krygswet kan afkondig en aanbly as president.

In 1914 het ’n soortgelyke insident plaasgevind waarna die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.

Die oorsake wat gelei het tot die Eerste Wêreldoorlog was talryk en kompleks, maar de aanleiding daartoe was die moord op aartshertog Franz Ferdinand. Die meeste kenners stem egter saam dat die geleidelike opkoms van ‘n groep van alliansies tussen groot moondhede deels te blameer was vir die oorlog.

Teen 1914 het hierdie verbintenisse tot gevolg gehad dat die ses groot moondhede van Europa in twee groepe verdeeld was: Aan die een kant het Brittanje, Frankryk en Rusland die Drie Entente gevorm, terwyl Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië bestaan het ​​uit die Drieledige Alliansie.

(En vandag is daar weer twee duidelike, maar veel groter groeperings: Aan die een kant het ons Amerika, NAVO en Israel met hulle Europese bondgenote, asook Suid-Korea, en Saoedi-Arabië; en aan die ander kant is daar Rusland, China, Noord-Korea en verskeie Moslemstate soos Iran, Sirië, Irak en nou moontlik ook Turkye).

Op 28 Junie 1914 reis die aartshertog van Oostenryk-Hongarye, Franz Ferdinand en sy vrou Sophie, na Sarajevo, in die geannekseerde Bosnië en Herzegowina, om daar die militêre magte te inspekteer. Lede van die Swart Hand, ‘n Serwiese geheime groepering wat Bosnië-Herzegovina by Serwië wou voeg, besluit om die aartshertog om die lewe te bring.

Die egpaar reis in ‘n oop, onbeskermde motor op ’n voorafbeplande roete waarlangs verskillende gewapende lede van die Swart Hand hulle inwag. Een van die lede, Nedeljko Čabrinović, gooi ‘n bom na die motor, maar dit rol weg voordat dit ontplof en net ’n aantal mense word beseer. Die gooier, Čabrinović, sluk ‘n sianiedpil en spring in die rivier met die doel om selfmoord te pleeg. Die pil was egter verouderd en die rivier was net 13 sentimeter diep as gevolg van die droë somer, en Čabrinović word in hegtenis geneem.

Daar is toe besluit dat die koninklike egpaar ’n gewysigde roete sou neem, maar verdere sekuriteit gebly egter uit. ’n Ander lid van die Swart Hand, die 19-jarige Gavrilo Princip, hoor van die mislukte aanslag en gaan wag hulle in. Hy slaag daarin om Franz Ferdinand van naby in die nek te skiet en sy vrou in die maag. Albei sterf binne ’n uur.

Op dag en datum ‘n maand later, 28 Julie 1914, begin die Eerste Wêreldoorlog toe Oostenryk-Hongarye oorlog verklaar teen Serwië; ‘n oorlog wat uiteindelik 17 miljoen lewens sou eis.

Die dag van die moord het saamgeval met die herdenking van die Slag op die Merelveld (28 Junie 1389) in Kosovo, waar die Middeleeuse Serwiese weermag ’n neerlaag gely het teen die Ottomaanse Ryk. Hierdie datum speel later ’n rol by die ontwikkeling van die Serwiese nasionalisme.

28 Junie was ook die datum waarop Franz Ferdinand en Sophie in 1900 toestemming gekry het om te trou. Vanweë haar afkoms as ’n arm Tsjeggiese aristokraat, erken Oostenryk-Hongarye nie die koninklike status van Sophie nie, so ook nie dié van hulle drie kinders nie.

Presies vyf jaar nadat die moord op Franz Ferdinand die Eerste Wêreldoorlog ingelui het, is dieselfde oorlog op 28 Junie 1919 afgesluit met die Vrede van Versailles. Hierdeur verloor die verslane Duitsland ’n groot deel van sy grondgebied, asook sy kolonies.

Siener se 3de WO profesie

2 Desember 1915 — “Ek het ’n slaaplose nag gehad, en toe die klok drie uur slaan, toe kom daar ’n gesig voor my van ’n groot dorp en ek sien toe dat daar mense met VAAL jaste in die dorp loop. (‘n Aanduiding dat dit winter sal wees.) Dit was toe donker daar (Rusland deur Turkye, oftewel, die ou Ottomaanse Ryk, wanneer die Derde Wêreldoorlog begin.”

Die totale chaos en geweld in hierdie streek sal algaande eskaleer totdat dit uiteindelik op die Derde Wêreldoorlog uitloop, het Siener voorspel: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop…”

Met die uitbreek van die oorlog sien hy hoe Rusland gedurende die eerste nag baie vinnig deur Turkye op pad na die Suez-gebied storm, terwyl Turkye geen weerstand bied nie. In Sirië en in Palestina maak die Russe kontak met die Amerikaanse leër wat hom daar voorkeer.

Palestina word in die gevegte verwoes. Party Arabiere kies die VSA se kant. Baie van die oliebronne in die Midde-Ooste word aan die brand geskiet. In Europa bars die Russe deur na Spanje op pad na Gibraltar en as hulle ook daar voorgekeer word, dan draai hulle op na Engeland en val hulle uit die lug aan.

Engeland word geheel en al verwoes. Die Russe gaan weer aan in Europa en terwyl hulle alles platloop op pad na Gibraltar word hulle weer by die Pireneë-gebergte teen Spanje deur Spaanse en VSA troepe gestuit. Dis hier waar verskriklike veldslae plaasvind…

Staatspensioene stort in duie

Hier by ons gaan dinge nie minder chaoties wees nie, want ’n ongekende krisis sal dreig wanneer die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) teen April 2017 die uitbetaling van R120 miljard se maatskaplike toelaes aan sowat 25 miljoen mense moet oorneem. Die konstitusionele hof het in November 2013, ná ’n uitgerekte stryd, beslis dat die huidige kontrak vir die uitbetaling van dié toelaes onwettig is.

Ná verdere hofsake — en om chaos met ’n skielike beëindiging van die kontrak te verhoed — het die hof die regering tot einde Maart 2017 gegee om die kontrak met Net1/Cash Paymaster Services (CPS) te staak. Die regering het daarna gesê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), sal voortaan self die betalings administreer.

Die projek om Sassa se stelsels vir dié oorname te toets, moes reeds in Maart 2016 begin het en sou teen Januarie ten einde loop, maar niks is daaromtrent gedoen nie. Senior werknemers (blankes) by Sassa sê dat alles by Sassa chaoties is en dat die ekonomie reuse-skade kan ly as die R10,7 miljard se maandelikse uitbetalings skielik gestaak word.

Die departement en Sassa is moedswillig besig met ’n siniese spel om die konstitusionele hof se bevel te ontduik. Serge Belamant, uitvoerende hoof van Net1 UEPS, die eienaar van CPS, het erken hulle kontrak eindig beslis aan die einde van Maart, maar dat Sassa nog nie met hom die moontlikheid bespreek het om die diens daarna voort te sit nie.

“Om teen die einde van Maart na my toe te kom, sal te laat wees. Ek begin reeds vroeg in Januarie om my operasie toe te maak.”

’n Ekonomiese kernbom kan teen einde April ontplof!

Die uitbetaling van miljoene mense se maatskaplike toelaes stuur op chaos af en alles dui daarop dat die hele uitbetalingstelsel in duie gaan stort met vêrreikende gevolge vir die ekonomie.

Blade Nzimande (minister van hoër onderwys) het gesê hy besef vir die eerste keer dat die probleem baie groter is as wat hy gedink het. Volgens hom het die kabinet nie naastenby ’n idee hóé groot die dreigende krisis is nie.

Die Sassa-toelaes is die regering se enkele grootste armoedeverligtingsprogram die afgelope 22 jaar met besteding wat gegroei het van R57 miljard in 2006-’07 tot R128,3 miljard in 2015-’16.

Byna ’n kwart van die ontvangers is in KwaZulu-Natal (3,9 miljoen), gevolg deur die Oos-Kaap met 2,7 miljoen.

As die toelaes nie betaal word nie, kan dit ook “vreeslike implikasies hê vir die ekonomie, want daardie besteding word uit die ekonomie onttrek”, waarsku prof. Jannie Rossouw, hoof van Wits se skool vir ekonomiese en sakestudies.

“Skielik is jou verbruikersbesteding maandeliks meer as R10 miljard minder. En die ontvangers van toelae is nie mense wat geld kan gaan leen nie.”

Dit kan tot landswye bloedige opstande lei. Want al ken die staat ­môre ’n nuwe tender toe, is dit te laat vir enige nuwe operateur om teen April enige toelaes te betaal. Dit het Grindrod Bank, wat die toelaes namens CPS uitbetaal, ’n jaar geneem om 10 miljoen ontvangers te registreer.

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die SA Poskantoor, sê selfs die poskantoor met sy bestaande struktuur sal dit nie voor April kan doen nie.

“Ons glo die Poskantoor het die beste infrastruktuur om die diens aan die mense te lewer, maar dit sal ons sowat ses maande neem om die vereiste stelsels reg te kry. Ons glo nie enige nuwe diensverskaffer sal dit vinniger kan doen nie.”

Intussen is daar bejaardes wat maandeliks tot R50 minder van Sassa ontvang. ’n Definitiewe teken dat geld uit die fonds verdwyn en in ander se sakke beland, maar geen haan kraai daarna nie!

Kommentaar

Met elke krisis in die verlede het die ANC regering met die een of ander onlogiese en geklike oplossing vorendag gekom. Hierdie keer sal dit nie werk nie en kan hulle met ’n landswye opstand sit. Daar gaan nou agter die skerms probeer word om die kontrak met CPS op die nippertjie weer te hernu; maar die hof het reeds bevind dat die kontrak onwettig is, en kom einde April 2017 gaan miljoene waarskynlik verniet bak hand staan!

As dit gebeur, kan Roger Teale se profesie van 4 April 1994 dalk nog bewaarheid word toe hy groot geweld en bloedvergieting vir Suid-Afrika voorspel het:—

  • Dit sal in April/Mei begin.
  • Wat oor julle land kom, is nie die duiwel se werk nie, maar God se oordeel.
  • Ek sal julle ’n teken gee: Hulle sal alles afbrand!
  • “Wees voorbereid op die geweld wat sál uitbreek…
  • Bloed gaan in die strate loop…Ek kan in die moeilikheid kom deur dit te sê, maar ek gee nie om nie, ek is reeds tot by my ore in die moeilikheid…
  • Hulle sal al julle lughawens sluit…Dit sal gesluit wees vir álmal, behalwe hulle wat toegang het op grond van verdienste, herkoms, outoriteit, ens.
  • Maar as jy nie ’n nommer het nie, as jy nie op hulle naamlys verskyn nie, sal jy nie die land mag verlaat nie…”
Franz Ferdinand en die 3de Wêreldoorlog - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Saturnina Altenwerth DVM

Last Updated:

Views: 5705

Rating: 4.3 / 5 (64 voted)

Reviews: 95% of readers found this page helpful

Author information

Name: Saturnina Altenwerth DVM

Birthday: 1992-08-21

Address: Apt. 237 662 Haag Mills, East Verenaport, MO 57071-5493

Phone: +331850833384

Job: District Real-Estate Architect

Hobby: Skateboarding, Taxidermy, Air sports, Painting, Knife making, Letterboxing, Inline skating

Introduction: My name is Saturnina Altenwerth DVM, I am a witty, perfect, combative, beautiful, determined, fancy, determined person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.